Wat is “Kuierkerk”?

Kuierkerk is ‘n bediening van die NG Gemeente Waverley, en fokus op lidmate in hulle 20’s en 30’s. ‘n Kuiermens het egter nie nodig om ouderdom by wyse van ID Boek te bewys nie en daarom is kuiermense ouer as 30 en jonger as 20 ook baie welkom. Die bediening berus op die beginsel van informele kuier rondom ‘n koppie koffie op ‘n Sondagaand in plaas van ‘n tradisionele aand-erediens. ‘n Interessante of aktuele onderwerp wat ‘n kuiermens se lewe, Christenskap en geloof raak, word op die tafel gesit en ‘n kuier word rondom hierdie onderwerp gefasiliteer. Die idee is nie om handboek antwoorde of teologies reg geformuleerde idees as uitkomste te hê nie. Die dominee gee ook nie die antwoorde nie en is maar net een van die kuiermense. Kuiermense deel hulle verhouding met God, praktiese geloof en lewenservarings met mekaar. Dit doen kuiermense aan die hand van die Skrif en geloof in Jesus Christus. Jesus is nie ver weg is nie, maar ook in kuiermense se teenwoordigheid. Kuiermense wil mekaar help om Jesus in die alledaagse dinge te herken en Hom gelowig te volg. Die idee is ook om nie net af te sluit met ‘n antwoord of twee nie, maar om nog vrae vir volgende kuiers op die tafel te sit

Kuierkerk vind Sondagaande gedurende die skoolkwartaal om 18:30 by 30ste laan plaas. Kuiermense met kinders is baie welkom. Die plan is om kuierkinders ook op ‘n sinvolle wyse besig te hou. Die kontrak wat die kuiermense met mekaar het is dat Sondagaande se kuier nie later as 20:00 sal duur nie.

Kuiermense wat ‘n gesprek wil voortsit of ingelig wil bly oor datums en dinge, kan hierdie blog daarvoor gebruik. Kuiermense kan selfs ‘n nuwe onderwerp inisieer deur dit op die blog te plaas of ‘n e-pos te stuur na kuierkerk.2030@gmail.com Doen ook gerus navraag by Ds Chris Lötter (0845866552) of by Aldert Brink (0828296794).

Kuiermense sien uit daarna om jou by Kuierkerk te sien. 

 

Navrae:
Ds Chris Lötter
chris@compuhost.co.za

Dr Aldert Brink
aldert.brink@vodamail.co.za

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s




Follow

Get every new post delivered to your Inbox.