Kerkwees is saamsoek

10 06 2009

Kerkwees is ‘n klomp dinge, maar kerkwees is ook saam soek. Die dag waarop enige gelowige kan sê dat hy/sy vir God volkome verstaan, is ‘n hartseer dag. ‘n Mens kry egter soms die indruk dat die kerk voorgee dat sy die instansie is wat vir God verstaan en onder die knie het. Dit gebeur selfs dat kerke van verskillende denominasies begin voorgee dat hulle God beter verstaan as ander kerke. Dit is omdat die kerk in hierdie gevalle gesien word as ‘n instansie (organisasie) en nie as ‘n groepering mense (organisme) nie. Kerkwees is nie gebouwees nie, dis menswees. Kerkwees behoort dus ‘n plek te wees waar mense geborge voel om te mag soek na God. Dit is waar mense in die teenwoordigheid van Jesus moet kan saam kuier oor hulle geloofservarings en beLEWEnisse van God. Kuierkerk wil onder andere juis dit wees - ‘n plek waar ons saam kan soek en met vrymoedigheid vrae oor God en die lewe mag vra. M. Scott Peck help ‘n mens nadink:

Perhaps the greatest sin of the Christian Church has been that particular brand of arrogance, or narcissism, that impels so many Christians to feel they have God all sewn up and put in their back pocket. Those who think they’ve got the whole truth and nothing but the truth, and that those other poor slobs who believe differently are necessarily not saved, as far as I’m concerned have a very small God.


Aksies

Information

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s




Follow

Get every new post delivered to your Inbox.