Die volgende stuk is geskryf deur Prof Dirkie Smit van Stellenbosch Universiteit in sy boek Stukkies van die hemel op aarde. Ek dink dit kan ons geweldig baie help om na te dink oor mense as soekers:
Tydens ‘n internasionale vakkonferensie hoor die aanwesiges hoe akademici van oraloor rapporteer oor hulle onlangse navorsing in verband met sogenaamde “nuwe godsdienstige bewegings”. Hulle vertel van allerlei groepe in Westerse samelewings wat die afgelope jare navolgers en aanhangers geword het van alle soorle van leiers: profete, ghoeroes, terapeute, genesers, hekse, raadgewers, spiritualiste, sataniste, en wat nog. Die navorsing toon dat die tipiese karaktertrekke van ‘n soorl new age-tydsgees wat vandag onder baie Westerlinge vaardig is, beskryf kan word as ‘n soort soeke, ‘n soort leegheid en verlange. Dit word gekenmerk deur ‘ n bereidheid om agter nuwe idees en idole aan te loop – veral die wat na vore kom met beloftes van vervulling vir die soeke, met beloftes van die weg êrens heen. En soms, nee meestal, kom die beloftes natuurlik teen betaling. Dit toon die navorsing ook.
Die sleutelwoord in die soort spiritualiteit is soek. Die soort mense word daarom meermale gesien en beskryf as “soekers” óók deur die nuwe profete, ghoeroes en okkulte leiers self. Hulle is juis op soek na sulke soekers! Hulle benader alle potensiele volgelinge of klante as soekers, en adverteer hulle eie ware en weë ook op dié manier. En so word twee dae se gesit in die konferensie, twee dae se geluister na die empiriese navorsing, die talle vertellinge van soekers-na-sin, op die ou end alles eintlik maar effe treurig, en half tragies.
Die stories van die soekers, van die nuwe soort spiritualiteit wat mense oraloor so boei, is eintlik maar hartseer stories. Die mense is almal soekers na binne, op soek na hulle eie ervarings en stemme, of soekers na buite, na iemand, erens, met woorde en wee van wysheid. Die bevindings van hierdie ondersoekers van nuwe godsdienstige bewegings stem ‘n mens bowenal tot somberheid, want dit is die hartseer-stories van sovele onder ons wat sonder orientasie en sonder koers soekend deur die lewe dwaal.
Die Sondag na die konferensie eet ek by vriende. Teen die yskas sit ‘n vrolike magneetjie: “Ek het Jesus gevind! Hy was toe al die tyd agter die sofa.”
lnderdaad! Met al ons soeke was Hy al die tyd daar by ons, vIr ons, om ons.
Terwyl ons soek, ja, nog voor ons soek, is ons al gevind! Eintlik was ons nooit regtig weg nie, nooit waarlik soek nie, want ons ís gevind nog voor ons gevind het. Ons is bemin, nog voor ons leer bemin het. Ons was al veilig, toe ons nog dink ons dool.
Ons het net op die verkeerde plekke gekyk. Hy was al die tyd daar, by ons, reg agter die sofa – dit is presies die punt van Hemelvaart, wat elke jaar weer op ‘n Donderdag in Meimaand wereldwyd gevier word. Hy is al die tyd daar, en ons is veilig en geborge by Hom, ook al weet ons dit nie, en ook al dwaal en soek ons wáár.
Soekers – Dirkie Smit
11 07 2009Comments : Leave a Comment »
Kategorië : 1
Kuier saam met Kleingroepe
25 06 2009
Sondag 21 Junie 2009 het Kuierkerk en Kleingroepe saam om ‘n kuiervuur gekuier. ‘n Koppie sop en broodjies het bygedra daartoe om dit waarlik gesellig te maak. Dankie vir die wat daar was. Sien julle weer na die skoolvakansie by Kuierkerk op 26 Julie 2008.
Comments : Leave a Comment »
Kategorië : 1
Kerkwees is saamsoek
10 06 2009Kerkwees is ‘n klomp dinge, maar kerkwees is ook saam soek. Die dag waarop enige gelowige kan sê dat hy/sy vir God volkome verstaan, is ‘n hartseer dag. ‘n Mens kry egter soms die indruk dat die kerk voorgee dat sy die instansie is wat vir God verstaan en onder die knie het. Dit gebeur selfs dat kerke van verskillende denominasies begin voorgee dat hulle God beter verstaan as ander kerke. Dit is omdat die kerk in hierdie gevalle gesien word as ‘n instansie (organisasie) en nie as ‘n groepering mense (organisme) nie. Kerkwees is nie gebouwees nie, dis menswees. Kerkwees behoort dus ‘n plek te wees waar mense geborge voel om te mag soek na God. Dit is waar mense in die teenwoordigheid van Jesus moet kan saam kuier oor hulle geloofservarings en beLEWEnisse van God. Kuierkerk wil onder andere juis dit wees - ‘n plek waar ons saam kan soek en met vrymoedigheid vrae oor God en die lewe mag vra. M. Scott Peck help ‘n mens nadink:
Perhaps the greatest sin of the Christian Church has been that particular brand of arrogance, or narcissism, that impels so many Christians to feel they have God all sewn up and put in their back pocket. Those who think they’ve got the whole truth and nothing but the truth, and that those other poor slobs who believe differently are necessarily not saved, as far as I’m concerned have a very small God.
Comments : Leave a Comment »
Kategorië : Klip-in-die-bos